Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Worcester-hospitaal se personeellede hou spanbou

Die meeste instansies se werknemers se gemoed is in November laag en baie ly aan uitbranding.

Personeellede van die Worcester-hospitaal het die afgelope week aktiwiteite aangepak vir ’n vernuwende hupstoot om die laaste twee maande van die jaar vurig aan te pak.

’n Woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Sandra Maritz, sê verskillende aktiwiteite is aangebied.

“Deur die loop van die week was daar ’n markdag en ’n wedren waar die deelnemers in rolstoele was. Ons het ook ons eie weergawes van A Minute to Win It en Amazing Race aangebied.”

Al die pretaktiwiteite het by die parkeerterrein by Worcester-hospitaal plaasgevind.

Vrydag 23 November het twaalf spanne hul slag in ’n potjiekoskompetisie gewys. Die potjie van die Krismisboks-span van die psigiatriese afdeling van die hospitaal is as die bobaaspotjie aangewys.

’n Besige seisoen lê voor, maar die personeellede sê hulle is slaggereed daarvoor.

“Die doel was om die personeel se toewyding te vier en goeie spangees te bou. Deur die loop van die jaar word sekere dae uitgehou om die personeel te motiveer en na hul welstand om te sien. Deur dit egter ’n hele week lank te doen met ’n daaglikse program waar hulle kan ontspan en saam lag, word hulle opnuut ondersteun om hul beste vir pasiënte te kan gee,” sê Maritz.

Spanbousessie Worcester-hospitaal
Krismisboks is as die wenspan van die potjiekoskompetisie aangewys.
Spanbousessie Worcester-hospitaal
Die personeellede van die bevallingsaal se spannaam was Tropical Heat. Foto's: Brümilda Swartbooi
Meer oor:  Worcester-Hospitaal  |  Worcester  |  Spanbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.