Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Worcester-ma vertel van lewe met diabetes

’n Worcesterse ma, Delouise Groenewald, wil ander ouers motiveer met haar ervaring as ’n ouer van twee kinders met tipe 1-diabetes.

Mense verwar gewoonlik tipe 1- en tipe 2-diabetes. Tipe 2-diabetes word hoofsaaklik veroorsaak as gevolg van ’n ongesonde leefstyl. Tipe 1-diabetes is wanneer jou liggaam die selle in jou pankreas aanval, wat dit dus onmoontlik maak om insulien te produseer. Daarom ontvang mense met tipe 1-diabetes insulieninspuitings.

Tipe 1-diabetes is ’n jaar uitmekaar by Delouise se vyfjarige seuntjie, Gordon, en negejarige dogtertjie, Nika, gediagnoseer.

Dié siekte is verlede jaar op 22 Januarie by Gordon gediagnoseer. Hy was twee weke ná die diagnose in die hospitaal. Diabetes is vroeër vanjaar by Nika gediag­noseer. Nika is ook op die outismespektrum en het aspergersindroom. Asperger-sindroom is ’n ontwikkelings­versteuring wat gekenmerk word aan uitdagings met sosiale interaksie en die interpretasie  van nie-verbale kommunikasie.

Delouise beskryf die diagnose by Gordon as onverwags. “Gordon se diagnose het my lelik onkant gevang. Jy hoor van diabetes, maar voordat dit gediagnoseer is, het ek nie regtig geweet wat dit is nie,” sê sy.

Die simptome wat hulle getoon het, was gewigsverlies, oormatige urinering, verhoogde aptyt, gebrek aan konsentrasie, moegheid en gevoellose hande.

Ná die diagnose moes Delouise en haar man, PG, vinnig aan die radikale verandering in hul lewe gewoond raak. “Jou hele lewe is omgedop. Jy kry nie tyd om dit te verwerk nie. Ons moes die mediese terme en simptome leer ken. Dis so goed soos jy word in ’n swembad gegooi en jy kan nie swem nie; jy moet jouself help,” vertel Delouise.

Sy het ná die diagnoses by haar werk bedank sodat sy meer tyd aan haar kinders se gesondheid kon bestee. Sy het haar eie onderneming vir grafiese ontwerp begin en hulle volg nou ’n streng dieet. “Hulle eet gesond en ek tel die koolhidrate.”

Die gesin se roetine het ook verander. Nika en Gordon moet voor skool langwerkende insulieninspuitings kry en kortwerkende insulien­inspuitings met etes of wanneer hul suiker te hoog is.

Delouise is dankbaar dat haar kinders se skole behulpsaam is. Sy sê Nika het voorheen gevra of sy anders is as ander kinders. Maar dan leer sy haar: “Ek is Jesus se kind, Mamma se kind op die aarde; ek moet so sterk wees soos Mamma, want sy gaan lê nooit,” sê Delouise.

Sy sê daar is nog verwarring oor mense wat tipe 1-diabetes het. “Dis nie altyd geneties nie en kan enigiemand tref. Dit is ook nie geneesbaar nie,” sê Delouise.

Delouise sê ouers moet deur die stappe van aanvaarding gaan. “Praat oor jou kind se diagnose; jy kan ’n ander kind red. Die stappe is eers skok, woede, ontkenning en dan uiteindelik aanvaarding.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.