Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Worcester-museum kry sy witblits-stooklisensie terug
witblits by museum


Valleiers en besoekers van buite wat lief is vir witblits het goeie nuus gekry – ná vele oponthoude oor baie jare is die Worcester Museum, geleë op Kleinplasie, se dranklisensie weer toegeken.

Die museum mag nou weer soos van ouds witblits stook. Die museum is landwyd bekend vir sy uitstekende witblitsprodukte en moes noodwendig die afgelope paar jaar baie besoekers teleurstel omdat die witblits nie verkoop kon word nie.

Nadat die lisensie weer toegeken is, het dit die entoesiastiese stokers net ’n paar dae geneem om die stokery weer aan die gang te kry.

Johathan Murphy het saam met Zukile Jobela kleigrond aangemaak om die ketels vir die belangrike stokery te verseël.

Die museum ontvang skenkings van plase om die witblitsprodukte te maak.

Ware witblits word van druiwe gemaak en die stookproduk van enige ander vrugte word mampoer genoem.

Worcester Museum behou egter die naam witblits op al sy drankprodukte. Nuwe etikette is reeds ontwerp vir die komende witblits en likeurs wat in die museumwinkel te koop aangebied word.

Die inkomste wat uit die verkope gegenereer word, word in die museum teruggeploeg om te help om herstelwerk en opgradering te finansier.

Produkte wat tans geproe en gekoop kan word, sluit in perskewitblits, appelwitblits, pruimwitblits, sjokoladewitblits, rooiboslikeur, koffielikeur, groenvylikeur, Velvet-likeur en Bar One-likeur.

Mense wat graag wil gaan proe, kan by die museum bespreek deur 023 342 2225 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.