Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wysigings aan burgemeester se komitee

Die uitvoerende burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, Antoinette Steyn, het op 30 Julie wysi­gings aan haar burgemeesters­komitee aangekondig.

Die volgende raadslede is in nuwe of veranderde portefeuljes aangestel: Juben von Willingh is aangestel as lid van die burgemeesterskomitee in die plek van George Stalmeester, wat bedank het.

Von Willingh is die wyksraadslid vir wyk 5 wat onder meer gedeeltes van Panorama, Van Riebeeckpark, De Wet en Sandhills insluit. Hy dien sedert Augustus 2016 in die raad.

Hy sal verantwoordelik wees vir die portefeulje brandweer, verkeer asook rampbestuur. Hy sal ook die belangrike portefeulje van landbou in samewerking met die Kaapse Wyn­land-distriksmunisipaliteit hanteer.

Die volledige portefeuljeverant­woorde­likhede sien ná die wysigings as volg daaruit:

. Margaret Sampson: Tegniese dienste (siviel, elektries en stadsbeplanning).

. Wouter Meiring: Finansies (begrotings, GOP, risikobestuur, prestasiebestuur).

. Joyce Mei: gemeenskapsontwik­keling (jeug, oues van dae, gestremdes, kinderontwikkeling, biblioteekdienste).

. Frank van Zyl: Strategiese onder­steuningsdienste (administrasie, regs­dienste, kommunikasie, ombudsman).

. Eileen Sheldon: Menslike nedersettings (behuisingsbeplanning en ontwikkeling).

. Julian Kritzinger: Plaaslike ekonomiese ontwikkeling (ekono­miese ontwikkeling, kuns en kultuur, toerisme).

. Reggie Farao: Sport en ontspan­ning (beplanning van sport en fasiliteite en ontwikkeling, uitgebreide openbare werke, asook menslike hulpbronne).

. John Levendal: Onderburgemeester (spesiale projekte, veiligheid en sekerheid, gesondheid).

Volgens Neil Mercuur, speaker, beloof dié wysigings om die voortgesette doeltreffendheid van die burgemeesterskomitee te verseker en sien die raad daarna uit om saam met die administrasie van die BVM en onder leiding van die munisipale bestuurder ’n omvattende en gehaltediens aan die inwoners van die Breedevallei te lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.