Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ystervrou sê kanker het haar nuwe uitkyk op die lewe gegee

Met die Cansa RELAY for Life amper om die draai het Standard gaan gesels met ’n ystervrou wat kanker oorwin het.

Servikale kanker is 11 jaar gelede by Magda April (53) gediagnoseer en al was sy “effe bang”, het sy die stryd teen dié siekte met die nodige ondersteuning van haar gesin gevoer.

“Die dokters wou aanvanklik weet hoe ek geweet het ek het kanker, maar ek het geweet iets is verkeerd in my liggaam. Ek het geweet ek moet laat kyk wat aangaan. Die kanker is in Mei 2007 by my gediagnoseer en in Junie het ons met die behandeling begin. Die behandelings het sewe weke chemoterapie en bestraling ingesluit, wat nogal erg was. Maar, soos ek altyd vir almal sê, was my familie daar om my te ondersteun,” sê April.

Met haar besoeke aan die Tygerberg-hospitaal het sy in aanraking gekom met talle mense wat kanker het, maar wie sy families te ver was om gereeld besoek af te lê.

“Ek het al my energie begin gebruik om uit te reik na die mense om my. Van hulle wou net gehad het ek moes langs hulle kom sit en praat, terwyl ek vir ander weer ietsie lekkers van die huis af gebring het. Dit het my ’n missie gegee terwyl ek in die hospitaal was.”

April is tans kankervry, maar gaan nog elke jaar vir ’n ondersoek.

“Nadat ek kanker oorwin het, het ek besluit om by die Relay as deel van die Brave Racers-span betrokke te raak. Ek is die enigste een in die span wat kanker oorwin het, maar al my spanmaats het al iemand aan die siekte afgestaan. Ons het in 2016 altesaam R22 699 vir die Relay ingesamel en die volgende jaar het ons dit met R27 922 opgevolg. Vanjaar is dit die laaste Relay waaraan ons as span deelneem omdat almal sukkel om weens ander verantwoordelikhede by mekaar te kom,” sê April.

Sy moedig mense aan om hospitaal toe te gaan as hulle vermoed hulle het dalk kanker, want dit kan in baie gevalle vroeg opgespoor word.

“Ek het nou ’n tweede kans in die lewe gekry. Ek waardeer dinge meer, ek glo meer, ek is meer daar vir my medemens, ek leef meer. Ek wil my familie en die mense by Kansa bedank wat al die pad saam my was en my werklik ondersteun het,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.