Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Prestasies bewys van Badsberg se hoëgehalte wyne

Badsberg Wynkelder het geen bekendstelling in plaaslike wyn­kringe nodig nie. Die kelder het die Pietman Hugo-trofee al ’n rekordaantal van 11 keer in sy 29-jarige bestaan verower by die Worcester-Breedekloof Jongwynskou, waarvan agt jaar agtereenvolgens was.

In 2009 het Badsberg ook die Generaal Smuts-trofee en die nasionale Pietman Hugo-trofee verower. Dit was die eerste keer dat ’n kelder albei dié trofeë in dieselfde jaar kon verower. (KWV het dié Jongwynskou-rekord intussen verlede jaar geëwenaar.)

Die jaar 2015 was ook ’n baie goeie jaar vir die kelder.

  • CAPPA (Kaapse Vereniging vir Portprodusente): Goud – Cape Vintage 2009.
  • Michelangelo International Wine and Spirits Awards: Platinum – Cape Vintage 2009; dubbelgoud – Badslese 2012; silwer – Rooi Jerepigo 2012, Chardonnay 2014, Belladonna 2012.
  • Veritas: Dubbelgoud – Belladonna 2013; goud – Chardonnay 2014; silwer – Chenin Blanc 2015, Sauvignon Blanc 2015, Perle Moscato 2015, Vin Doux 2015, Hanepoot 2013, Rooi Muskadel 2014, Rooi Jerepigo 2014, Cape Vintage 2009; brons – Special Late Harvest, Noble Late Harvest, Pinotage.
  • SA Jongwynskou 2015: Klaswenner – 2; goud – 8; silwer – 19.
  • Breedekloof/Worcester Jongwynskou 2015: Kampioene – natuurlike soet wit tafelwyn, Laffort­ SA-trofee vir chardonnay, Santam-trofee vir rooi versnitwyn, Absa-trofee vir nie-muskaatversterk, Kamp-trofee vir edellaatoes, Pietman Hugo-trofee vir beste vyf genomineerde wyne; klaswenner – 21 (plaaslike rekord met 44% van die totaal); goud – 2; silwer – 9; brons – 19.

Die kelder is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 oop en Saterdae van 10:00 tot 13:00, maar gesluit op Sondae en vakansiedae. Proeë is gratis.

Die aflewering van wyn kan landwyd gedoen word.

Kontak die kelder by 023 344 3021 of besoek www.badsberg.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.