Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
60-jarige Kosie die vinnigste

Die virtuele Legends Comrades-wedloop het Sondag 14 Junie reg oor die wêreld plaasgevind.

Meer as 40 000 atlete in 103 lande reg oor die wêreld het aan die virtuele vorm van die wedloop, wat gewoonlik talle atlete na Suid-Afrika lok, deelgeneem.

Standard het verneem langafstand-atlete in Worcester het vroeg al die koue trotseer om hul fiksheid ná twee maande van inperking te toets.

“Lede van Worcester-atletiekklub, Brandvlei Korrektiewe Dienste en die Nedbank-atletiekklub het die wedloop vroeg kom aandurf. Geen formele reëlings is deur die klubs getref nie, maar daar was steeds ’n gesonde opkoms van atlete om aan hierdie geskiedkundige wedloop deel te neem,” vertel Jaypee Snyman, ’n lid van die Worcester-atletiekklub.

Atlete kon kies tussen die 5 km, 10 km, 21 km, 45 km of selfs die strawwe 90 km en kon heeldag die kilometers aflê wat deur ’n toepassing op hul slimfone gemeet is.

“Atlete was bewus van die voorreg om midde-in die Covid-19-pandemie litte los te maak en het alle voorsorgmaatreëls getref om mekaar se veiligheid te verseker,” vertel Snyman.

Een van die uitblinkers onder die atlete van die virtuele Comrades was een van Worcester en Brandvlei Korrektiewe Dienste-atletiekklub se eie legendariese drawwers, Kosie Botha, wat die 21-km-afstand afgelê het. “Dit was vir my iets nuuts om alleen op die pad te wees. Ek het ’n roete gekies wat niemand anders gehardloop het nie en dit was vir my goed om myself uit te daag,” het die 64-jarige Botha gesê.

Botha het met die vinnigste tyd in sy afdeling – ouer as 60 – ter wêreld in 01:30:15 wat hy manalleen vermag het, geëindig.

“Die grendeltyd het natuurlik vir baie atlete frustrasie gebring omdat hulle nie soos gewoonlik vir die wedloop kon voorberei nie, maar ek is persoonlik baie trots op myself dat ek steeds met so ’n goeie prestasie kon eindig.”

Botha sê hy is baie bly om te hoor dat die Comrades-bestuur met die idee vir die virtuele wedloop vorendag gekom het sodat die kameraadskap tussen atlete steeds op hierdie manier kon geskied.

“Ek het ’n doelwit gehad om die afstand in ’n gerespekteerde tyd te voltooi, en dit was ’n goeie besluit om die wedloop afsonderlik met my eie roete op die Villiersdorp-pad aan te durf,” vertel Botha.

Hierdie was die eerste keer in die geskiedenis van die Comrades dat dit “virtueel” plaasgevind het en die bestuur van die Comrades-marathonvereniging (CMA) het dit as ’n reusesukses beskou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.