Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Aanvallende spel sit Doubles op wenpad

Double Foot Shooters het Liverpool Sondag 24 Junie in Esselenpark-stadion in ’n gemeenskapsligawedstryd 5-2 geklop.

Albei spanne het van die afskop af puik aanvallende spel gelewer.

Doubles het teen rustyd 2-0 voorgeloop, met doele wat deur Zadian van der Merwe en Logan Rossouw aangeteken is.

Dit het gekom van goeie spel in die middelveld deur Folin Damons en Zandré Appels.

Liverpool het wilskrag getoon en Lebohang Mtshengile het in die 40ste minuut van die strafmerk af sukses behaal.

Gedurende rustyd het die afrigter, Bardo Verhoog, die manne behoorlik vasgevat en dit werp vrugte af toe die speler van die wedstryd, Lincoln “Rooney” Appels, ’n puik driekuns aanteken om Doubles 5-1 te laat voorloop. Dit kom ná goeie spel deur die middelskakel, Virgill Johnson.

Liverpool het moedig teruggeveg en Gradwel Louw het voor die einde ’n goeie doel aangeteken.

Vir Doubles het Faizel Dunster, Folin Damons, Nathan Farao en Zandré Appels goed vertoon, terwyl Gradwel Louw en Lebohang Mtshengile uitgeblink het vir Liverpool.

Shooting Stars het in ’n ander stryd Nerina Strikers 3-2 geklop.

Vir Stars het Mncedisi Didishe (2) en Benytheo Arendse gedoel.

Stars wil ook graag hiermee baie dankie sê aan Sporting Stars vir die skenking van die balle en balpomp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.