Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Afrigtingskliniek ’n baie groot sukses

Worcester en distrikte sokker en Worcester-legendes in samewerking met die Kaapse legendes het Saterdag 6 April by die Avianpark-sportterrein ’n suksesvolle sokker­afrigtingskliniek aangebied.

Die afrigtingskliniek het altesaam 100 deelnemers gelok. Die Kaapse bekendes, Edries Burton, Stevie Williams, Reggie Mentoor, Havelock Clariveite, Haron Mohammed, Clive du Plessis, Cyril Murrigan, Vincent Naude, Clive Carolisson, Farouk Bardein, Donouvan Ronnie en C.J. Solomons het die deelnemers afgerig.

Burton, voormalige Bafana Bafana-speler, was beïndruk met die deelnemers se vaardighede, dissipline en entoesiasme.

Ná afloop van die geleentheid is elke speler met ’n kospakkie bederf.

Peter Verhoog en Jan Karelse het namens Worcester en distrikte sokker die Kaapse bekendes en Shaheed Adonis vir hul onbaatsugtige diens en ondersteuning bedank om dié dag ’n werklikheid te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.