Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Alberts skitter teen Goudini

Alberts RVK het Saterdag (2 Maart) sy beste vertoning van die seisoen teen Goudini RVK op sy tuisveld, Bolandpark, gelewer toe hy 57-6 geseëvier het.

Die wedstryd het teen ’n geweldige tempo begin en aanvanklik het Goudini al die aanvalswerk gedoen.

Alberts se verdediging het gehou en sy haastige vleuel Wilbur Bron het teen die verloop van die spel gaan druk – ’n drie uit sy eie helfte en wat deur Ricardo Jones verdoel is om Alberts 7-0 te laat voorloop.

Hierna het Alberts met mening begin aanval en Deovan Phillips het ná goeie opbouende spel deur die voorspelers afgerond. Jones het weer verdoel en Alberts het 14-0 voorgeloop. Kort hierna was Alberts se agterlyn op volle vaart en Bron was weer daar om af te rond (telling 21-0).

Die tuisspan het kort voor rustyd weer twee vinnige drieë deur Devanté Smith en Bron, wat sy driekuns behaal het, gedruk. Die halftydtelling was 33-0 in die guns van Alberts.

Met die begin van die tweede helfte was dit duidelik dat die besoekers ’n lang 40 minute gaan beleef met die tuisspan se beweeg­like pak voorspelers wat die pap voorlangs dik aangemaak het. Jones het gaan druk waarna Goudini ’n strafskop gekry het wat hy gebruik om die telbord tot 40-3 te laat aanskuif

Verdere drieë deur die senter Eduardo Fourie, die agsteman Philbrey Joseph en die vleuel Ronaldo Neethling het die eindtelling op 57-6 te staan gebring nadat Goudini kort voor die einde van die wedstryd ’n strafskop na die pale te mik.

Alberts se tweede span het sy voorwedstryd teen die eerste span van Young Lions 24-5 gewen.

Hierdie naweek reis Alberts na die Boland in die Gemeenskapskild-afdeling, Klipdrift.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.