Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Alberts wen Cathy Wentzel-wisseltrofee

Alberts-rugbyklub het Saterdag 1 Febru­arie Worcester Perseverance in sy eerste vriendskaplike wedstryd met 33-18 geklop.

Die spanne het om die Cathy Wentzel-wisseltrofee meegeding. Die trofee is genoem na die eerste vrouespeler in Boland-rugby.

Persies skop die wedstryd af en na volgehoue druk gaan Chandrau Jeftha deur vir Persies se eerste drie wat hy self verdoel. Ná die afskop val Persies weer op reëlmaat aan, wat uitloop op ’n strafskop. Jeftha jaag die bal deur die pale en bring die telling op 10-0.

Persies ontvang weer die bal na die afskop en vorder tot 22 m voor Alberts se doellyn waar die spelers weer in die losgemaal oortree. Persies vat weer die punte toe Jeftha seker maak van die strafskop, telling 13-0 vir Persies.

Ná die afskop begin Alberts met sy swaar pak voorspelers speel. Dit lei tot ’n drie deur Arno Opperman. Die drie word deur Ricardo Jones verdoel.

Alberts ontvang die bal van die afskop en begin weer aanval op aanval van stapel stuur en ná volgehoue druk druk die veteraanskrumskakel Ricardo Jones. Doelskop is egter mis deur nog ’n veteraan, Jaco Daniels, telling nou 13-12. Ook die rustydtelling.

Ná rustyd speel Alberts met meer vuur wat lei tot ’n pragtige drie deur die jongeling Curvin Longman. Die drie word deur Kelvin Messias verdoel wat die telling 13-19 in Alberts se guns bring.

Persies val nou verwoed aan, maar kan nie afrond nie. Alberts kry weer die bal in die hande wat weer uitloop op ’n drie deur Wilbur Steenkamp – nadat hy sy teenstander pragtig aan die buitekant klop. Die doelskop is weer tussen die pale deur en die telling loop aan na 13-26 in Alberts se guns. Met 15 minute se speeltyd oor gaan Longman weer oor vir sy tweede drie van die wedstryd wat Keanu Messias weer verdoel, telling 13-33 in Alberts se guns.

Die laaste paar minute val Persies weer aan en Christian Apollis gaan druk. Die doelskop is egter mis. Die eindtelling is 18-33.

Volgens Persies se afrigtingspan is daar nie rede om bekommerd te wees nie – dit was spelers se eerste wedstryd met talle nuwelinge en dit sal net beter gaan in die volgende wedstryde.

In die hoofvoorwedstryd het Alberts se “oudkroks” Persies se “oudkroks” met 21-17 verslaan. Dit was ’n harde titaniese stryd wat die skare op hul voete gehad het. Persies se “oudkroks” sal hierdie week wil wraak neem teen De Doorns United nadat die span verlede jaar in De Doorns verloor het.

In die ander wedstryd het Albert se tweede span met 21-11 gewen. Persies speel Saterdag teen De Doorns United om die Piet Buys-wisseltrofee wat elke jaar in De Doorns gehou. Dit gaan egter vanjaar op Esselenpark-stadion in Worcester plaasvind.

Wedstryde sal van 14:00 begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.