Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
AME Zion-gemeente hou gholfdag vir voedingskema

Die AME Zion-gemeente in Worcester hou die komende naweek sy agtste gholfdag en vanjaar gaan die geld aangewend word vir die kerk se suksesvolle voedingskema.

Operasie Hoop is die voedingskema wat weekliks vir honderde kinders en ouers in die Breedevallei kospakkies uitdeel as deel van die kerk se poging om behoeftiges te help.

Maandae word kos uitgedeel by die Russell-voedselskema en by OVD, Dinsdae in Roodewal, Woensdae in Avianpark en Donderdae in Hexvallei.

“Ons is baie positief oor hierdie projek en wil die gholfdag juis gebruik om geld daarvoor te werf. Ons kerk is vanjaar 120 jaar oud en daarom is dit gepas dat ons teruggee aan die gemeente,” sê pastoor Keith Links.

Die gholfdag word Saterdag 30 November by die Riverside-gholfklub gehou en sal in die formaat van ’n driebal-scramblegespeel word.

Die afslaantyd is 07:00 en 15 spanne het hulle reeds vir die dag ingeskryf. Die kostes beloop R250 per speler en sluit ’n ete en drinkgoed in. Hope pryse is te wen.

Die lede van die wenspan gaan elk met ’n hele lam huis toe. Die naaswenners sal elkeen ’n boks met 15 kg hoender ontvang en die lede van die span in die derde plek sal elk ’n Kersfees-pakket ontvang.

“Die Sondagskoolkinders sal ook van die kerk af na die gholfbaan stap en ’n pretdag met waterwurms en allerlei pretaktiwiteite sal aangebied word,” het Links gesê.

Enigiemand wat daarin belangstel om die gholfdag by te woon of daarvoor in te skryf, kan die AME Zion-gemeente by 023 347 4506 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.