Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
André wil graag weer ’n paar kishoue slaan

André Viljoen (16), ’n leerder aan die Worcester Gimnasium, swaai sy tennisraket al van gr.1 af en hy het steeds nie sy passie vir dié sportsoort verloor nie.

André het vandeesweek met Standard gesels oor sy brandende passie vir die sport en wat hom na sukses dryf.

“Ek speel van kleins af tennis, maar het dit eers in gr.4 ernstig begin opneem en het toe saam met ’n afrigter begin werk,” vertel die jong André.

Sy talent het daartoe gelei dat hy al twee weke lank in Amerika getoer het en Suid-Afrika op o.13-vlak met die raket verteenwoordig het. Hy is tans in die top-16 in die o.16-ouderdomsgroep in die land.

“Ek het van kleins af nog altyd ’n groot liefde vir alle sportsoorte, maar tennis het net vir my bo die res uitgestaan. Oom Ryk Neethling (sy afrigter), wat self ’n groot liefde vir tennis en vir kinders het, het die liefde vir die sport in my gekweek.”

Standard het André ontmoet toe hy op die Worcester-tennisklub teen manne ’n paar jaar sy senior gespeel en hulle omtrent laat sweet het. “Dit is altyd lekker om teen die ooms van Worcester-tennisklub te speel omdat hulle my so welkom laat voel. Hulle het my geleer dat tennis nie net gaan oor die fisieke spel nie, maar jy moet jou opponent met jou kop uitoorlê,” sê André.

André het aan Standard genoem dit is vir hom “vreemd” om so lank weg van die baan af te wees, maar soos die meeste atlete doen hy wat hy kan om by die huis fiks te bly. Hy sê die grendeltyd is vir hom ook nie net negatief nie en hy kon aan tegniese aspekte werk om sy spel te bevorder.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om in ’n plattelandse dorp soos Worcester te woon, skool te gaan en steeds in ’n sport te kan meeding. Baie mense raai ’n mens aan om ‘oor die berg’ skool te gaan, maar ek meen dit is nie ’n skool wat jou iets in die lewe laat bereik nie, maar wat jy daarvan maak en hoe graag jy iets in die lewe wil bereik,” sê die wyse 16-jarige André.

Dié jong man sê hy geniet Worcester Gimnasium en hy geniet dit om tyd saam met sy vriende deur te bring. . Die Worcester-tennisklub bly nog gesluit weens die Covid-19-pandemie, maar die bestuur hoop om die klub binnekort te heropen omdat tennis as ’n niekontaksport beoefen word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.