Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Atlete kry ’n groot Kersgeskenk

Die Q Square-Kersfonds het, in samewerking met die Masphia-mentorskap en -lewensvaardigheidprogramme, Maandag (16 Desember) 20 kinders met hardloopskoene en ander atletiekklere uitgerus.

“Dit was vir ons ’n voorreg om deur dié gebaar aan die jong mense voor Kersfees te kon gee. Hulle werk deur die jaar baie hard by die atletiekklub en ons glo dat hierdie klein gebaar hulle sal aanspoor om in 2020 aan te hou,” sê Kosie Koopman van Masphia.

Koopman het die Quenets genader om ook ’n bydrae te lewer en hulle was baie gewillig om te help om die geskenkpakkies vir die kinders saam te stel.

“Ons is dankbaar dat die Quenets-groep en die gemeenskap van Worcester bereid was om ons te help om die kinders se lewens te verryk. Ek kom self uit ’n minderbevoorregte agtergrond en ek weet dat die kinders dit baie waardeer om hierdie nuwe uitrustings te ontvang. Dit help ook om finansiële druk op hul ouers te verlig.”

Masphia help kinders om hul volle potensiaal in die lewe deur middel van sport te bereik. Hulle glo sport help om ’n sterk karakter te bou en kinders ’n platform te gee om hulle positief uit te druk. . Vir meer inligting oor die program of om betrokke te raak, bel Kosie Koopman by 067 674 7188.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.