Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ballers-vlugbalspan baas in Jeugdag-toernooi

Die mans-vlugbalspan van Ballers het op 16 Junie aan ’n toernooi as deel van die Jeugdag-vieringe deelgeneem.

Die toernooi, wat deur die Strand Strikers aangebied is, het in Strand plaasgevind en die wedstryde is in die Nomzamo-gemeenskapsaal gespeel.

Ballers en Impilo was verteenwoordigers van die Kaapse Wynland-vlugbalvereniging.

Ashley Jaftha, afrigter van die Ballers-span, het ’n span saamgestel bestaande uit ervaring en jeug. Hulle het in die eerste wedstryd van die toernooi teen die gasheer, Strand Strikers, te staan gekom. Ballers het Strikers met twee stelle teenoor nul geklop. In sy tweede rondomtalie-wedstryd het hulle afgereken met die span van Hyenas B. Hier het die span ook die wedstryd met twee stelle teenoor nul in sy guns beklink. Daarmee het die Ballers sy plek in die halfeindstryd verseker.

’n Aktiewe Jaftha het elke moontlike onderbreking gebruik om sy span te motiveer en instruksies deur te gee. Ballers se halfeindstryd-opponente was die Titans, wat Ballers in ’n skitterende vertoning, wat gekenmerk is deur goeie aanvallende spel sowel as uitstekende verdediging, geklop het (eindtelling 2-0).

Tot op hierdie tydstip van die toernooi moet ’n mens die name van Ballers se kaptein, Jonavin Pretorius, en sy mede-aanvaller, Sunaldo Stanfliedt, uitsonder. Hulle was absoluut briljant.

Die span van Impilo het in die eindstryd vir Ballers gewag. Dit was asof Ballers in elke wedstryd tot ’n hoër rat oorgeskakel het, want in die eindstryd het hy Impilo geheel en al oordonder. Ballers was in alle fasette van die wedstryd baas, en daarom het hy Impilo ook met twee stelle teenoor nul oorheers. ’n Bewys hiervan was al die individuele pryse vir die dag wat aan Ballers-spelers gegaan het.

Die beste aanvaller was Jonavin Pretorius, die beste verdediger was Grandville Jansen, die beste middelspeler was Mario Opperman, die beste setter was Yushri Wehr, die mees waardevolle speler was Sunaldo standfliedt en die mees belowende speler was Cole Wentzel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.