Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Barbarians wil toer

Die Witzenberg Barbarians 7’s-span is in 2017 deur Curtley Cedras, Ayden Vaughan en Elcado Baadjies gestig met die doel om die seuns in die streek na groter hoogtes te neem.

Volgens Cedras was hul beplanning nie so goed nie en dinge het nie goed verloop nie, en daarom het hulle nie in 2018 gespeel nie en net beplanning gedoen oor hoe hulle hierdie span gaan uitbrei.

“Ons het toe weer in 2019 bymekaar gekom en ek het die alombekende afrigter, J.P. Zalie (voormalige WP-DISA-7’s-afrigter) genader om ons af te rig. Hy het ingestem en ons het toe gaan “scout” by skolerugbywedstryde in die streek en die jong laaities begin nader om by ons te kom speel. Ons is basies ’n stepping stone vir spelers van skolevlak na klubvlak of provinsiale vlak,” sê Cedras.

Hy sê hulle is trotse boorlinge van die Witzenberg-streek.

“Met die hoë werkloosheid- en misdaadsyfer kan ons nie anders as om te wonder wat besig is om van ons jongmense te word nie. Ons het ’n leemte in die Witzenberg gesien en dit is ’n goeie 7’s-rugbyspan. Daarom het ons besluit om verskeie talentvolle jong rugbyspelers bymekaar te bring en aan verskeie sewes-rugbytoernooie deel te neem,” sê Cedras.

“Die meeste van ons ouers in die Witzenberg is seisoenwerkers en daarom kan baie van hulle nie hul kinders die nodige finansiële ondersteuning gee nie.

“Ons is ’n groep jongmans wat baie graag ’n verskil wil maak en ander in ons gemeenskappe wil inspireer. Hierdie sportsoort (spesifiek rugby) laat ons toe om aan ons leierskapvaardighede, spanwerkeienskappe asook dissipline en kommunikasievermoë te bou. Dit gee ons die vryheid en geleentheid om ons Godgegewe talente te benut. Met hierdie instansie hou ons baie van ons jeugdiges ook uit die strate,” sê hy.

Cedras sê weens die klub se groei en goeie uitslae in die laaste 7’s-seisoen is hulle uitgenooi om van 3 tot 4 September aan Western Suburbs-rugbyklub se internasionale 7’s-toernooi in Windhoek, Namibië, te gaan deelneem.

“Dit is vir ons as jong, opkomende spelers ’n baie groot geleentheid om ervaring in die buiteland te gaan opdoen. Ons hou verskeie saamtrekke om die spelers te help om die nodige geld in te samel en vra dat almal hulle sal ondersteun om hul drome te bewaarheid,” voeg hy by.

Van die hoogtepunte en provinsiale spelers wat Barbarians opgelewer het, is:

Keane Galant:

2019: Boland (o.18-Cravenweek & SA skolespan)

2021: Blou Bulle en SA o.20-span

Elmar Lintnaar:

2018: Cheetahs (o.18-Cravenweek)

Elrich Isaacs:

2018: Cheetahs (o.18-Akademieweek)

Elzandro Fredericks:

2018 en 2019: Griekwas (o.18-Cravenweek)

2021: Leopards-Curriebeker-oefengroep

Lunathi Nxele:

2019: KSUT-Varsityskild-kaptein en -kampioen

2021: KSUT-Varsityskild-kampioen

Sesona Macala:

2021: KSUT-Varsityskild-kampioen (Varsityskild- “Forward that rocks”)

Ricardo Duarttee:

2019: Boland-kavaliers seniors

Curtley Cedras:

2016: KSUT vs Blitsbokke (Olimpiese voorbereiding)

2017: KSUT-Varsityskild

2021: Boland-kavaliers senior Curriebeker-oefengroep

Marvin Fredericks:

2019: KSUT-Varsityskild

Kenan Wessels:

2018: Blou Bulle (o.18-Cravenweek)

2021: Boland-kavaliers senior Curriebeker-oefengroep

Keanan Fredericks:

2021: Boland-kavaliers senior Curriebeker-oefengroep

Jathan-lee Martin:

2021: Boland Kavaliers senior Curriebeker-oefengroep

Mikyle Hanse:

2019: Boland-kavaliers (o.20-span)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.