Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Bekende speel sy laaste ronde

Otto Verwey (57), ’n bekende tuinier en gholfspeler van Worcester, is vandeesweek aan natuurlike oorsake oorlede.

Verwey was ’n kranige gholfspeler en volgens sy suster, Erica, het ’n mens hom selde sonder sy graaf of gholfstok in die gemeenskap gewaar.

Standard het by die Verweys gaan hoor hoe hulle hom sal onthou.

“Otto was ’n gemeenskapsman en het ’n reusepassie vir gholf gehad. Hy het eers as joggie in die sport begin en toe self die stokkie begin swaai toe hy met die tegniek konfyt word,” vertel sy suster.

Erica sê verder Otto het selfs so ver gegaan om boeke oor gholf by die biblioteek uit te neem om sy tegnieke te verskerp.

“Hy het op laerskool reeds ’n belangstelling in gholf begin toon en het maar oor die jare betaal om by die Riverside-gholfbaan te speel.”

Otto was ook ’n baie bekende tuinier in die woonbuurte Johnsonspark en Hexpark.

“Baie inwoners sal hom onthou vir sy passie vir tuinmaak en hy het mense se tuine prentjiemooi gehou. Hy word deur baie as legendaries in sy werk gesien,” vertel Erica.

Die familie sal hom ook onthou vir sy plat-op-die-aarde-persoonlikheid.

“Hy was ’n omgeemens wat altyd gehelp het waar hy kon. Sy werk het gehelp om brood op ons tafel te sit en ons gaan hom baie mis.”

Otto was ’n groot aanhanger van die bekende gholfspeler Gary Player en het na hom opgesien sedert hy ’n jong man was.

Erica sê hy laat ’n groot in die familie en in die gemeenskap.

. Otto laat drie susters en drie broers agter. Hy word Saterdag (26 September) om 10:00 uit die VGK Worcester-Oos ter ruste gelê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.