Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Bethany dans groot pryse los in Sun City

Bethany Jeftha het onlangs in Sun City ’n groot prys by die Rumba in the Jungle-danskompetisie gewen.

Bethany is as die Afrika-junior danskampioen aangewys. Dansers van meer as 16 internasionale en Afrikalande het aan die kompetisie deelgeneem.

Sy is ook hierdie week se Standard Let’s Play-finalis.

“Dit was die merkwaardigste oomblik in my dansloopbaan. Ek was geskok toe ek wen. Daar was 11 beoordelaars op die vloer. Ek het die ander deelnemers geklop, waarvan een danser ’n vorige beoordelaar op die televisieprogram, Strictly Come Dancing, was,” sê Bethany vol entoesiasme.

Sy verduidelik waar alles begin het. “Toe ek in graad 2 was het ek gaan kyk hoe ’n vriendin dans. Ek was onmiddellik verlief op dans.”

Sy sê sy het ander aktiwiteite soos gimnastiek, karate en ballet probeer, maar niks was so lekker soos dans nie.

Sy verkies om saam met ’n metgesel te dans. Shequille Stevens is tans haar metgesel. Hulle oefen elke Dinsdag saam in Atlantis. Op die ander dae oefen sy fiksheid by Bolandpark.

“Ek kan op die dansvloer myself wees,” sê Bethany. Sy sê daar was tye dat sy baie geval het, maar het nie toegelaat dat dit haar onderkry nie. “Wanneer ek val, dan staan ek weer op, steek die pyn weg en voltooi die dans met dieselfde passie waarmee ek dit begin het.”

Bethany het met haar onderhoud met die Standard by meer as 100 trofees gesit en op ’n vertoonkas blink nog 150 trofees en medaljes. Sy sê sy het al baie bereik maar sy bly nederig.

In Desember gaan Bethany Suid-Afrika by die Wêreld-baldans-en-Latynsedans-kampioenskap verteenwoordig.

Mense wat haar wil help met befondsing, is welkom om haar pa, Irvine, by 082 775 8183 te kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.