Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Blink toekoms wink vir plaaslike jong sportman

Wentzel Viljoen (17), ’n leerder aan HTS Drostdy, is tans betrokke by die onderwater-hokkieklub en dié talentvolle jongman praat met groot passie oor die sport. Standard het ter viering van Jeugdag (16 Junie) besluit om klem te plaas op ’n plaaslike jong atleet en wie beter as Wentzel wat reeds diep spore in die onderwaterhokkie- gemeenskap getrap het?

“Ek is omtrent nou al ’n jaar en agt maande betrokke by die sport. My ma het aan die einde van 2018 gehoor hier is plaaslik ’n onderwater-hokkieklub en het toe eers my sussies geneem om dit te probeer,” vertel Wentzel.

Hy vertel dat hy besig was om op sy atletiek te fokus en wou nie eintlik gaan nie, maar toe hy uiteindelik besluit om by sy susters aan te sluit kon hy nie wegbly nie.

“Die sport verg baie van ’n mens se tyd en dissipline as jy graag sukses wil behaal. Ek moes lank en hard op my eie oefen om my Boland-kleure te kry, maar die proses het my geduld en dissipline opgeskerp.”

Wentzel het in 2019 die Boland- o.19A- span verteenwoordig en het selfs later daardie jaar aan die nasionale interklubs deelgeneem. Vroeër vanjaar het hy aan die SA junior onderwaterhokkie-kampioenskap in Johannesburg deelgeneem. Die Boland-span het ’n vyfde plek hier behaal, maar persoonlik het Wentzel derde in die 50 m- Surface-finswemkompetisie geëindig.

“Die sport het my geleer om ander mense meer te vertrou omdat ons saam as ’n span moet werk en kommunikasie is beperk in onderwatersport, so jy moet rêrig weet dat jou span daar is vir jou. Jy leer selfs hoe om jou eie emosies beter te beheer omdat die strawwe kompetisie partykeer ’n mens paniekerig kan maak, maar jy moet jouself beheer om sukses te behaal.”

Wentzel noem dat daar nie ’n uittree-ouderdom vir die sport is nie en daar mense bo sestig is wat steeds die sport beoefen.

“Ek mis die sport baie, veral noudat die grendeltyd geld en mis my spanmaats. My afrigter, Riaan le Roux, help ons baie as span om die sport te beoefen en doen baie vir die Worcester-klub sodat ons kan uitblink.”

Tans probeer Wentzel fiks bly by die huis en kyk gereeld YouTube-video’s om sy vaardighede op te skerp.

“Ek moedig enige mens aan om die sport te beoefen, al is dit net een keer. Dit is nie vir almal nie, maar wie weet, dalk byt die onderwaterhokkie-gogga jou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.