Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Breërivier bo

Hoërskool Breërivier het Woensdag 2 Mei op Bolandpark met ’n sterk eindpoging vir Esselenpark Sekondêr in hul jaarlikse derbystryd 21-19 geklop.

’n Wedstryd wat gekenmerk is deur pragtige hardlooprugby het die skare laat juig.

Esselenpark het afgeskop, maar Breërivier behou egter die bal en werk onmiddellik met sy voorspelers wat pragtig vorder tot binne Essies se gebied. ’n Skrum word egter beveel toe daar gefouteer word.

Breërivier wen die skrum en sy flank Jayden Adams kry die bal en sit rieme neer vir sy drie. Die doelskop was mis met die telling 5-0 vir Breërivier.

Essies bemeester die inskop en stuur sy agterlyn weg. Hy besorg Breërivier benoude oomblikke en val die doellyn verwoed aan.

Essies oortree egter en Breërivier kry ’n strafskop wat senter Curwin Longman verdoel, 8-0 vir Breërivier.

Maar soos die wedstryd verloop, kry Essies teen die verloop van die spel in ’n strafskop wat sy losskakel Will-Austin Pekeur oor die pale klits, 8-3 vir Breërivier.

Breërivier kry ’n strafskop binne trefafstand, wat Longman gemaklik verdoel, 11-3 vir Breërivier.

Hy begin die tweede helfte met sy afskop, Essies kry die bal en begin onmiddellik hardloop en dwing Breërivier tot foute, kry dan ook ’n strafskop wat Pekeur verdoel, 11-6 vir Breërivier.

Breërivier fouteer weer en nog ’n strafskop word aan Essies toegeken. Pekeur maak weer seker met die skop, 11-9 vir Breërivier.

Dié span speel met meer vuur en kry ’n strafskop wat Longman deur die pale jaag en die telling na 14-9 vir Breërivier neem. Weer kom Essies met ’n verwoede aanval en sy voorspelers vorder tot onder die pale vir die drie. Die doelskop is daar en die telling skuif na 16-14 vir Essies wat vir die eerste keer nou die voortou neem.

Breërivier se dissipline laat hom in die steek en hy word gestraf. Essies se Pekeur is in die kol en die telling rol aan na 19-14 vir Essies.

Breërivier wen kort hierna ’n lynstaan en bars oor vir ’n drie. Die doelskop is oor en eindtelling 21-19 vir Breërivier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.