Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Breërivier wen taai stryd teen Worcester

Hoërskool Breërivier (HB) het Donderdag (2 Mei) op Bolandpark seker gemaak dat hy Worcester Senior Sekondêr (WSS) klop. Die telling was 19-15.

HB het afgeskop en sommer dadelik druk op WSS geplaas, maar WSS het omgekeerde besit gekry en dadelik aangeval. WSS het pragtig tot by HB se 22 m-gebied gevorder. WSS het HB met uitstekende spel beproef, maar sy afronding was nie na wense nie.

HB het die bal gekry en sy agterlyn weggestuur waarna sy vleuel Auther Marais die bal gekry en in die hoekie gaan druk het (doelskop mis, 5-0 vir HB).

WSS het ná die afskop met die bal begin hardloop, maar die wind wat dwars oor die veld gewaai het, het hanteerwerk bemoeilik.

WSS het met volgehoue druk veldop gehardloop en is by die doellyn gestuit. Die manne het ongeag die sterk wind uitstekende rugby gespeel.

WSS het ’n strafskop gekry en sy losskakel, Zaydion Buys, het seker gemaak van die skop (telling 5-3 vir HB).

HB het teruggekom toe ’n skop van WSS afgestorm is en hy onder die pale gaan druk het (doelskop oor; telling 12-3 vir HB en ook die rustydtelling).

WSS het vir die tweede helfte afgeskop. HB het onmiddellik die pas aangegee toe hy die bal kry en sterk aangeval, ’n tikskoppie opgevolg en die bal toegeval (doelskop oor, telling 19-3 vir HB).

WSS het met alle mag vorentoe gebeur, maar HB se verdediging het gehou. Marais het weer die bal gekry en veld-op gehardloop, maar is op die middellyn platgetrek waar die bal oor die kantlyn gespat het.

WSS het die lynstaan gevorm. Cameron Booysen het die bal gekry en gaan druk (Buys verdoel; telling 19-10 vir HB).

Die wedstryd kon enige kant toe draai, maar WSS het ’n oorstootdrie behaal wat die eindtelling op 19-15 vir HB te staan gebring het.

Ander uitslae:

o.15 WSS 34-0 HB

o.16 WSS 18-10 HB

o.19B WSS 22-17 HB

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.