Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Das aan...en is sy reg vir rugby


Sy is ’n vrou met ’n liefde vir rugby.

Ruline Jumath (57) van Tulbagh is die eerste vrou in die geskiedenis van Bella Vista-rugbyklub van Ceres wat nou ‘n rugbyspan lei as spanbestuurder. Sy is die rugbyklub se B-span-spanbestuurder.

Ruline het in Januarie gehoor die rugbyklub benodig ’n spanbestuurder en sy het onmiddellik vir die posisie aansoek gedoen. Sy sê die voorsitter van die klub is ook ’n vrou, Chantel Pietersen. “Ek wou die jong spelers motiveer om hul talente op die rugbyveld ten toon te stel en ek wou wys dat vroue nie hoef terug te staan vir posisies wat voorheen slegs vir mans beskore was nie,” vertel sy.

Voorheen was sy by Tulbagh-rugbyklub as sekretaris en trustee betrokke. Sy sê haar gesin geniet almal rugby.

“In ons huis praat ons net rugby,” skerts Ruline. Sy is ’n ma van ses, vyf seuns en een dogter, Marisanne. Sy sê haar kinders is haar grootste motivering.

Vier van haar seuns is by Wolseley-rugbyklub betrokke, Faizel en Benelton rig die eerste span af en Rudy en Leandro speel vir die eerste span. Haar man, Louis, en jongste seun, Lurenco, is ook by Bella Vista betrokke, waar Louis as eerstespan-spanbestuurder optree en Lurenco vir die eerste span speel.

Dit kos harde werk om ’n spanbestuurder te wees, want mans glo dis hulle kundigheidsveld.

Sy is vasbeslote om getrou aan die span te bly en het ’n paar opofferings wat sy maak. Sy ry op oefening-aande, Dinsdae en Donderdae, uit Tulbagh na Ceres.

Sy sê alhoewel sy die enigste vrou in die kleedkamer is, behandel die mans haar nie anders nie. “Ek word nie uitgesluit omdat ek ’n vrou is nie,” sê sy. Daar is egter ander uitdagings. “Dit kos harde werk om ’n spanbestuurder te wees, want mans glo dis hulle kundigheidsveld,” sê sy.

Haar trots is wanneer sy as spanbestuurder agter haar span op die veld uitloop, met haar notaboek onder haar arm.

Haar motivering aan haar spelers is om altyd te onthou dis ’n spanpoging. “Ek sê altyd vir die manne: ‘As julle nou daar uitgaan het jy ’n keuse oor watter impak en verskil jy in die wedstryd wil maak. Gee ook balbeheer oor aan ’n spanmaat wat in ’n beter posisie is’,” sê sy.

Voor wedstryde help Louis om haar das te knoop sodat sy goed lyk vir elke wedstryd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.