Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
DDU-rugbyklub hou deftige prysuitdeling

Die rugbyklub van De Doorns United RVK (DDU) het die afgelope Saterdag ’n glansryke prysuitdeling­geselligheid by die Hexvallei se ledesaal gehou.

Julian Barends het skoonskip gemaak. Hy is as die sportman van die jaar aangewys, is die beste

A-spanagterlynspeler en het die meeste drieë vir die A-span gedruk.

Percival Plaatjies is die beste

A-spanvoorspeler asook die speler van die jaar. Raven Plaatjies het die meeste drieë vir die B-span gedruk en hy is ook as die B-span se beste agterlynspeler aangewys.

Selwyn van Wyk en Johein Hoffmeester het die Young Gun-trofees ontvang. Daniel Colyn is as die mees belowende speler aangewys. Renier van Wyk is as die mees ontwikkelde speler aangewys. Ryan Witbooi het ’n trofee vir sy goeie gees ontvang en Simon Plaatjies en Peet Alexander het albei spesiale pryse ontvang.

Ashley Dreyden het as gasspreker opgetree. In sy praatjie het hy die DDU-spelers gemotiveer.

“Rugby is ’n spel wat mense bymekaar bring, maak nie saak wat jou agtergrond is nie. Dis die een plek waar ons almal gelyk is. Ons bou goeie vriendskappe en gemeenskappe staan vir daardie 80 minute saam. Alles begin met trots en rugby het sy uitdagings, maar wanneer julle in 2019 vir jul klub speel, speel vir die wapen voor op jou bors en doen dit met trots.”

Nigel Ranchod, DDU se voorsitter, het die rolspelers, ondersteuners en spelers bedank vir hul voortdurende ondersteuning en vertroue in DDU reg deur die jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.