Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
De Vlam wil haar merk só maak

Lezé de Vlam, ’n leerder aan FJ Conradie in De Doorns, het onlangs gekwalifiseer om aan die SA atletiekbyeenkoms deel te neem.

Sy hoop om haar merk en potensiaal by hierdie atletiekbyeenkoms teen toon te stel.

“Lezé was nog altyd ’n naelloper, maar ons het besef haar talent lê eintlik in langafstande. Sy het vinnig haar merk gemaak en het laasjaar ook by die SA’s gaan deelneem,” sê een van haar onderwysers, Juliano Hendricks.

Met Standard se besoek aan die skool het die skaam en teruggetrokke atleet rustig in haar sweetpak gesit en luister na al die wonderlike komplimente wat haar onderwysers en afrigters van haar te sê het.

“Sy is maar ’n stil meisie en ek sien haar nie baie in my kantoor nie. As ek van haar hoor, is dit net positiewe dinge en dit is altyd vir my ’n goeie ding. Sy is akademies ook sterk en dit is goed om te sien dat sy al van ’n vroeë ouderdom af ’n goeie balans handhaaf,” het Mercia Hendricks, die hoof van FJ Conradie, gesê.

De Vlam ontvang private afrigting by Jaap Booysen of “Oom Jaap”, soos sy hom noem. Hy help haar met haar uitrustings en sê sy het groot potensiaal.

“Ek is baie trots op wat sy al bereik het en sy is baie toegewyd. Selfs die ander atlete wat saam met haar oefen, help haar om haar volle potensiaal te ontwikkel,” vertel Booysen.

Lezé het kort voor die Wes-Kaapse kampioenskap siek geword en nie die laaste week geoefen nie, maar steeds die Saterdagoggend deelgeneem. Sy het vierde in die 1200m geëindig, wat haar dan vir die SA junior kampioenskap in Mpumalanga laat kwalifiseer het.

“Sy het in die laaste 100m na die vierde plek opgeskuif en ek glo dit was as gevolg van daardie laaste week se oefening wat sy misgeloop het,” sê Hendricks.

Haar afrigter het genoem dat Lezé uit ’n moeilike agtergrond kom en sy het al die ondersteuning nodig wat sy kan kry.

Lezé wil graag eendag soos Caster Semenya wees en droom van die moontlikheid om Suid-Afrika in die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.