Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Dis ’n hand vol!

Onelogix United Bulk Villagers het Saterdag 30 Junie op Bolandpark-stadion seker gemaak dat hy sy onoorwonne status in vanjaar se Grootuitdaagbekerkompetisie behou toe hy Robertson Rangers met 31-18 verslaan het.

Villa het sommer van die afskop af ge­wys wie is baas en word binne die eerste drie minute met ’n drie beloon toe regter­vleuel Givan Adams afrond. Heelagter Stephan Eksteen se doelskoppoging was egter links verby.

Rangers kry kort hierna sy eerste punte toe losskakel Byron Smith met ’n strafskop slaag. Die telling rol aan na 12-3 in die tuisspan se guns toe skrumskakel Gurshwin Africa gaan afrond en Eksteen verdoel.

Nog ’n suksesvolle strafskop deur Smith laat die agterstand na 6-12 krimp. Maar Villa rek sy voorsprong na 17-6 toe slot Morné Boshoff met brute krag oor die doellyn bars nadat Granville (Zeeke) Jansen kort voor die doellyn gestuit word. Eksteen se doelskoppoging uit die hoekie val net-net kort.

Kort voor rustyd kry Rangers ’n drie toe flank André Bruwer na volgehoue druk oorgaan vir ’n drie. Die span word ’n gevoelige slag toegedien toe regter­vleuel Esteban van der Merwe met ’n rooi kaart van die veld gestuur word na­dat hy Lincolin (Grimmy) Eksteen met ’n gevaarlike duikslag grond toe gebring het.

Kort ná die aanvang van die tweede helfte kry Rangers die eerste keer in die wedstryd sy neus voor toe linkervleuel Dillon Tities ’n bal tussen Villa se twee senters onderskep en ná ’n lopie van byna 60 m onder die pale gaan afrond. Smith se suksesvolle doelskop bring die telling op 18-17 vir Rangers.

Rangers se blydskap is van korte duur toe slot Ashley (Vleis) Dreyden met minagting twee verdedigers uit die pad stoomroller om Villa se bonusdrie te druk. Eksteen verdoel boonop skitterend uit die hoek om Villa se voorsprong na 24-18 te rek. Kort voor die einde maak Dreyden weer so toe hy met brute krag oorgaan en Eksteen weer verdoel om die eindtelling op 31-18 te staan te bring.

In die hoofvoorwedstryd van die dag klop Villa se naasbestes Rangers B met 19-17 in ’n wedstryd waar die uitslag tot die einde in die weegskaal was.

In die eerste wedstryd van die dag klop Villa C vir Rangers C met 38-14 en verseker hy ook ’n bonuspunt.

.Saterdag 7 Julie speel Onelogix United Bulk Villagers in Montagu teen Villagers Montagu.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.