Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Doring Danie staan opsy, Dylan Setera is op pad

Dylan Setera, ’n gr. 11-leerder by Worcester Gimnasium is onlangs vir die o.18-Akademierugbyspan gekies. Hy is ook Standard se nuutste Let’s Play-finalis.

“Dis so ’n lekker gevoel om vir die span gekies te word. Ek het nie gedink ek sou dit maak nie en is baie dankbaar,” sê Dylan.

Hy gaan van 7-14 Julie aan die Akademieweek by Hoër Jongenskool in Paarl deelneem.

Die 17-jarige was ook verlede jaar in die Grand Khomo se o.16-span opgeneem en sê een van sy vriende wat ook in die Cravenweekspan is, het hom laat weet dat hy die o.18-Akademiespan gehaal het.

“Ek was nog altyd lief vir sport, maar spesifiek rugby. Ek speel al van gr. 1 af rugby,” voeg hy by.

Dylan, wat senter vir Worcester Gimnasium se A-span speel, sê dit kos harde werk en toewyding om fiks te bly.

“Ek fokus op my verdediging, balvaardigheid en ek werk nou aan my spoed. Rugby gee ook vir jou ’n tweede familie, want as jy soos ’n span saamspeel raak die ander spelers soos jou broers,” sê hy. “Jy moet aanhou werk, op jou drome bly fokus en nooit opgee nie.”

“My ouers is baie opgewonde en trots op my prestasie.”

My ma wou eintlik gehad het ek moet vir die o.18 Akademie-span gekies word sodat sy my kan kom ondersteun. As ek Cravenweek gespeel het sou sy nie kon kom kyk het nie.”

Hy sê hy wil graag eendag professionele rugby speel.

“Ek wil volgende jaar die Craven­week­span haal en dan gaan ek werk om die SA skolespan te maak. My groot droom is om eendag vir die Springbokke te speel, maar ek wil graag argitektuur ook studeer. Ek dink dis belangrik om te studeer, want jy kan nie vir die res van jou lewe rugby speel nie,” sê Dylan.

Hy sê hy is baie dankbaar vir sy ouers vir al hulle ondersteuning, want sonder hulle sou hy nie alles kon bereik het nie.

Dylan speel Maandag 9 Julie sy eerste wedstryd vir die Akademiespan. Die span gaan kragte teen die Sharks-akademiespan meet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.