Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Double Foot Shooters mors met Manchester

Double Foot Shooters het Manchester United die afgelope Sondag op Esselenpark-stadion met 13-0 behoorlik afgeransel.

Die wedstryd is teen ’n vinnige tempo gespeel en Doubles was binne die eerste 15 minute reeds 3-0 voor danksy ’n puik driekuns deur Zandré Appels.

United het in die 20ste minuut ’n goeie beweging van stapel gestuur, maar kon dit net nie afrond nie.

Doubles het die middelveld oorheers en Lincolin Appels (2), Eldoraan Nicholaas (2), Adrian Pietersen (2), Keanu Links (1) en Carlo Maart (1) het nog agt doele aangeteken om teen rustyd 11-0 voor te loop.

United het in die tweede helfte met goeie aanvalle vorendag gekom, maar kon nie ’n doel aanteken nie – selfs nie toe Cardo Williams in die 70ste minuut van die strafmerk af misluk het nie.

Doubles het sy wurggreep verstewig en Xavien Verhoog en Adrian Pietersen het nog twee doele kort ná mekaar ingeklits om die wedstryd 13-0 te beklink.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.