Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Doubles en MU hou sportdag

Double Foot Shooters en Manchester United het Sondag 6 Mei, in die Fanie Otto-stadion in De Wet ’n baie geslaagde sportdag onder die vaandel van Cape Winelands Landelike Liga aangebied.

Verskeie netbalwedstryde is ook op die dag gespeel.

Manchester United, onder leiding van Sammy Pekeur, het sommer met die intrapslag De Wet United 4-0 kafgedraf.

Manchester se ster doelskieter, Tomlin Phillipus, het ’n puik tweekuns aangeteken terwyl Keagan Pietersen en Licoln Appels die ander doele aangeteken het. Phillipus is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Doubles het in sy eerste stryd die gedugte Spartans van Avianpark 2-0 geklop. Spartans het beïndruk deur sy goeie balverspreiding en Doubles hard laat werk vir hul sege.

Zadian van der Merwe en Mahmud Sahabodien het Doubles se doele aangeteken.

Waldo Verhoog (verdediger) is aangewys as die speler van die wedstryd.

NID het ook puik sokker gespeel en De Wet United in sy eerste wedstryd
1-0 geklop. Saphiwe Sinvuyo het NID se doel geskop.


Ander uitslae van die dag was:

1. Spartans 3-1 Manchester United
2. NID 2-0 Spartans
3. DFS 6-0 De Wet
4. NID 2-1 DFS

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.