Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Doubles op wenpad

Double Foot Shooters het voorverlede naweek in Esselenpark-stadion vir Atlantic Stars van Avianpark met 3-0 in ’n gemeenskapsligawedstryd geklop.

Doubles het van die begin af Stars onder geweldige druk geplaas met goeie balverspreiding en puik bewegings van die middelveld.

Doubles het ná 30 minute met 2-0 voorgeloop nadat voorspeler Zadian van der Merwe ’n goeie tweekuns behaal het.

Stars het self goeie aanvalle van stapel gestuur, maar die span se balbesit in die doelgebied het teleurgestel.

Doubles het in die tweede helfte die wedstryd verseël toe Anton Ehlers ’n goeie beweging uit die middelveld afgerond het.

Doubles het in sy tweede stryd die span van Phoenix met 3-1 geklop.

Vir Doubles het Lincoln Appels, Peter Verhoog en Keagan Pietersen die doele behaal.

Vir Phoenix het Faizel Moolman ’n puik doel behaal.

Doubles-afrigter, Waldo Verhoog, was ná die wedstryd tevrede met sy span se spel, maar het hulle tog gemaan om meer aanvallend voor die doelhok te wees.

. Ander uitslae: Shooting Stars 3-2 Phoenix; Shooting Stars 2-0 Liverpool.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.