Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Doubles steeds onoorwonne

Double Foot Shooters, in die Worcester- en distrikte sokker-vereniging se kompetisie, was voor die inperking in puik vorm.

Doubles het sy seisoen op 22 Mei afgeskop met ’n puik oorwinning van 4-0 oor Spartans op die Avianpark-sportterrein.

Doubles het van sy slim taktiek in die stryd gebruik gemaak deur die spel vinnig te maak en sy opponente se ruimte te breek.

Doubles se doele is aangeteken deur Zadian van der Merwe, Devon Phillipus, Keanu Links en Geoffered du Plessis. Renaldo van Wyk is as die speler van die wedstryd aangewys.

In sy tweede wedstryd op 23 Mei het die span met 2-2 gelykop teen Red Ribbon op Riverview-sportterrein gespeel.

Doubles se doele is deur die jongeling Lincoln “Rooney” Appels en Lorenzo Le Roux aangeteken. Appels is as die speler van die wedstryd aangewys.

Doubles het op 30 Mei op Avianpark teen Phoenix gespeel en 2-0 gewen. Mahmud Sahabdien het ’n goeie tweekuns behaal. Romeo Benjamin is aangewys as speler van die wedstryd. Volgens Bardo Verhoog, Doubles se afrigter, was die algemene spel bevredigend, maar die spelers se veggees het hom veral beïndruk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.