Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
EPH wen naelbyt-wipplankwedstryd op Bolandpark

Esselenpark Hoërskool (EPH) het Hoërskool Breërivier (HB) Woensdag 25 Julie naelskraaps op Bolandpark geklop.

Die telling was 26-24.

HB het afgeskop, maar EPH kon nie ver vorder nie. Die skeidsregter het sommer vroeg in die wedstryd sy stempel afgedruk. Ná die strafskop word ’n EPH-speler koelkas toe gestuur.

Toe die bal aan EPH se kant lug gegee word en sy agterlyn dit kry, het sy gevaarlike vleuel, Marthwin Jacobs, uitgestaan – as hy die bal kry, was daar altyd moeilikheid. HB moes keer vir al wat hy werd is.

Ná al die aanvalle kry EPH ’n strafskop en Will-Austin Pekeur stuur dit tussen die pale deur; telling 3-0 vir EPH.

EPH behou die druk, maar dis weer Auther Marais wat die bal ver veld-op skop en HB op die aanval sit. EPH oortree en HB kry die strafskop, maar neem ’n tikskoppie en besorg die bal aan sy voorspelers wat oor die doellyn dryf vir die eerste drie. Doelskop oor; 7-3 vir HB.

EPH kry nog ’n strafskop, Pekeur maak weer seker; 7-6 vir HB.

EPH se agsteman, Reagan Phillips, kry die bal en val oor vir ’n drie. Die doelskop is mis en die telling word 11-7 vir EPH.

Dit is ook die rustydtelling.

Vir die tweede helfte skop EPH af, maar hy oortree self en HB kry ’n strafskop, wat nie die pale gehaal het nie. HB kry die bal daarna in ’n skrum, stuur sy agterlyn weg en gaan in die hoek oor vir ’n drie, telling 14-11 vir HB.

HB val later weer aan, maar toe hy fouteer, buit EPH dit uit en sy flank Dylan Alberts aan die voorspits besorg die bal weer agterlangs waar Jacobs dit kry en oorgaan vir ’n drie. Doelskop is mis; 16-14 vir EPH.

Met ’n ommeswaai in die wedstryd kry HB weer ’n strafskop. Hy maak seker en jaag die bal deur die pale; telling 17-16 vir HB, wat beteken minder is tussen die twee spanne te kies. HB val weer aan, skop veld-op met Marais aan die spits en kry ook so sy volgende drie. Hierdie keer is die doelskop oor; 24-16 vir HB.

EPH slaan terug met Jacobs wat sy staal wys en rieme neerlê hoekvlag toe vir nog ’n drie. Die doelskop is oor; telling 24-23 vir HB.

EPH dwing HB tot foute en kry ’n strafskop. Pekeur maak seker met dié belangrike skop en klits die bal oor. Die eindtelling word 26-24 en EPH wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.