Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ervare afrigter wil kennis deel

Piet Kemp is een van Worcester se mees ervare atletiekafrigters en spog met sukses in alle kodes van die sport.

Hy wil egter nou sy spesifieke kennis van diskusgooi en gewigstoot deel om die volgende generasie se sukses te verseker.

Standard het by die atletiekafrigter, wat reeds 37 jaar ervaring agter die rug het, gaan hoor wat atlete, ouers en selfs skole-afrigters van sy mentorskap kan verwag.

“Dit is vir my nou belangrik om terug te ploeg in die volgende generasie van atlete. Ek was jare lank betrokke by verskeie instansies se afrigting en het reeds groot sukses behaal,” vertel Kemp.

Hy voeg by dat gewigstoot en diskusgooi hom baie na aan die hart lê en hy wil graag jongmense help om hul tegnieke te verbeter sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.

“Hoe vroeër atlete aan hul tegniek begin werk, hoe beter vir hul toekoms. Ek fokus dus op atlete tussen nege en 17 jaar oud.”

Skole-afrigters is ook meer as welkom om die sessies by te woon om hul kennis te vergroot.

Kemp maak gebruik van die Fit2Run-atletiekbaan vir die afrigting.

“Deur my afrigting wil ek graag die volgende generasie bemagtig met die nodige kennis wat ek oor die jare opgedoen het. Selfs kinders en afrigters van die omliggende dorpe is welkom.”

. Vir nog inligting, bel Kemp by 073 841 0963 om jou kennis van veral diskusgooi en gewigstoot te verbreed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.