Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Esselenpark kampioen op Heini Adams-rugbydag

Die Heini Adams-stigting se sewende jaarlikse sewesrugbytoernooi vir seuns onder 13 jaar is Saterdag in die Bolandpark-stadion beslis.

Verskeie skole van die Kaapse Wynland-distrik het om die Heini Adams-trofee meegeding.

In die eindstryd het Esselenpark Primêr teen Victoriapark Primêr kragte gemeet. Dit was die eerste keer dat Victoriapark Primêr aan die kompetisie deelgeneem het.

Teen rustyd was die telling 10-0 in die guns van Esselenpark Primêr. Die eindtelling was 10-5 vir Esselenpark en met sy oorwinning is dié span as die Heini Adams-stigting-rugbydag se 2018-kampioen gekroon.

Die rugbydag het ook ’n plaattrofeekompetisie ingesluit waar FJ Conradie Primêr teen Morrisdale Primêr in die eindstryd meegeding het.

Teen rustyd was die telling 17-0 in die guns van Morrisdale.

FJ Conradie het in die tweede helfte beter verdedig, maar Morrisdale was te sterk en het die wedstryd 24-0 gewen en is as die Heini Adams- plaattrofeewenners gekroon.

In ander wedstryde het Lorraine Primêr die Joffrey Jack Dissipline-trofee gewen, Juandrey Kouter van Overhex Primêr het ’n trofee gekry vir die meeste drieë nadat sy spelers 14 drieë gedruk het, en Jowayne Maans van Victoriapark Primêr is as die speler van die dag aangewys.

Die stigting sien baie uit na 2019 se rugbydag wat ook in Worcester sal plaasvind en waar spanne van Bordeaux, Frankryk, ook in die stryd om die Heini Adams-trofee sal speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.