Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Fietsryers wil nou ‘net rus’
Donnie Laubscher, Leon Hougaard en Jonathan Kellet

Jou 60ste verjaardag is ’n groot mylpaal en Leon Hougaard van Worcester wou iets groots doen om dit te vier.

Daarom het hy besluit om met sy fiets van Worcester na Mosselbaai te ry om geld vir die Worcester-wêreld­evangelisasie-organisasie in te samel.

“Ek ry al vir langer as 20 jaar fiets. Ek het aan die begin van die jaar ’n fiets van oorsee gekoop en besluit om Mosselbaai toe te ry. Ek het besluit om dan ook sommer geld vir die organisasie in te samel. Ek dink ek het meer as R15 000 bymekaargemaak,” vertel Leon.

Hy sê sy vriende Donnie Laubscher (67), Jonathan Kellett (25) en Stoffel van Lil (wat die rit ongelukkig nie kon voltooi nie omdat hy siek geword het) het gehoor van sy plan en besluit om saam te ry.

Hulle was tien dae – van Sondag 14 tot Donderdag 25 Oktober – op pad.

Volgens Leon, wat al 36 jaar in Worcester woon, was dit ’n goeie ervaring. “Dit was nie maklik nie. Die N2 is baie besig en ons het met al ons bagasie op die fietse gery. Ek het dit nou van my bucket list af afgemerk. Ek sal weer iets wil doen, maar miskien ’n ander roete, soos Calvinia,” sê hy.

“Ons het die eerste aand op Silwerstrand deurgebring. Die volgende dag was dit Swellendam, toe Heidelberg, van Riversdal tot in Albertinia en toe Mosselbaai. Dit was omtrent 630 km,” sê hy. Die fietsryers het op die dorpe waar hulle oorgeslaap het, gekamp.

Hy sê die moeilikste deel was die wind van voor van Heidelberg tot in Albertinia. “Jy trap teen die wind. Die tweede laaste dag terug was ook ’n bietjie moeilik. Van Swellendam af is daar ’n vreeslike bult. Ek het ook ses pap bande gehad,” vertel Leon.

Leon, ’n lid van die AGS-gemeente, sê sy selgroep het deur die rit boodskappe van bemoediging via sy vrou gestuur. “Die ondersteuning van my vrou, my familie en vriende motiveer ’n mens, veral as daar moeilike dae is,” sê hy.

Hy sê hy verkies die teerpad en sal gewis weer so iets aanpak, maar wil eers “net ’n bietjie rus”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.