Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Fit2Run wys weer sy algehele oorheersing

Fit2Run het weereens sy algehele oorheersing in die Wes-Kaapse kampioenskapsbyeenkoms wat Saterdag (25 Augustus) in die Dal Josafat-stadion in die Paarl gehou is, gewys toe hy twee Wes-Kaapse kampioene en drie bronsmedaljes, almal atlete onder die afrigting van Norman Ontong, losgehardloop het.

Chanique Sass het in die o.14-afdeling vir meisies die eerste goue medalje baie maklik verower.

Virgell-Lee Africa is in die o.15-afdeling vir meisies as die kampioen aangewys nadat sy baie hard vir haar eerste plek moes werk.

Christolique McNiel is in die o.13-afdeling met ’n bronsmedalje vir haar harde werk beloon.

Ronelda Velem moes in die junior vroue-afdeling met ’n derde plek tevrede wees.

Virnita Africa en haar spanmaat Megan Swanepoel het groot opwinding in die o.17-afdeling veroorsaak. Megan moes uiteindelik die knie voor Virnita buig toe sy die bronsmedalje voor haar opgeraap het.

Shakira Mathysse kon nie ’n medalje verower nie, maar is met haar sesde plek in die Wes-Kaapse span opgeneem.

Die atlete sal mekaar die stryd in die komende September-skoolvakansie by die SA Skole-landloopkampioenskap in Bloemfontein aansê.

Megan en Virgell-Lee sal Boland Federasie in Port Elizabeth op 8 September verteenwoordig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.