Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Gemengde welslae vir Brandvlei-hengelaars

Voller damme is altyd goeie nuus, veral in die Wes-Kaap, maar vir sommige hengelaars was dit die afgelope naweek ietwat van ’n frustrasie in die Brandvlei-varswaterhengelkompetisie by Kwaggaskloof.

Onderwaterplantegroei is nie sigbaar nie en vir die hengelaars wie se hoeke aanmekaar daarin verstrengel geraak het, was dit geen plesier nie. Altesaam 136 karpe en 12 witvisse is ingeweeg.

Brian Fulton het die A-sone gewen met Danie Wilmot tweede en Peppie van Tonder derde. Nicky Vice het die vroueafdeling gewen.

In die B-sone was Johan Coetzee eerste met Werner Cronje en Tiaan de Jongh tweede en derde, terwyl Lourista de Jongh die wenner van die vroueafdeling was.

Jaco Bothma het die swaarste karp ingeweeg.

’n Baie interessante laaste twee kompetisies vir die seisoen lê voor met slegs agt punte tussen die topvyfhengelaars.

Die hengelaars Nicky Vice, Danie Wilmot, Brian Fulton en Jaco Bothma.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.