Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Gholfdag kan baie instellings só help

Dis bykans tyd vir die gewilde SN Pool/Burgemeestersgholfdag wat 20 November gehou gaan word ten bate van plaaslike hulpbehoewende instellings.

Dié gholfdag word spesiaal gehou om instellings te help wat nie gewoonlik die geleentheid kry om geld as nieregeringsorganisasies in te samel nie.

Ondernemings kry ook die geleentheid om by hul voorkeurinstellings betrokke te raak.

As gevolg van die Covid-19-reëls, sal daar nie vanjaar enige interaksie by die gholfklub wees nie.

Slegs die gholfspelers sal volgens streng reëls aan die gholfdag deelneem.

Die formaat van die gholfdag is vierbal-samespel met twee beste tellings. Kostes per vierbal beloop R2 000.

Bel Melisha Moodie by 023 347 5836 of stuur e-pos aan haar by melishia@pooltransport.co.za.

Instellings wat sal baat vind, is: Pionierskool vir siggestremdes; Sean Kelly-sentrum; Sinethemba-versorgingsentrum; Breede Valley APD; FEB Disable Care; Worcester House of Hope; Brave Heart-huis; Lukhanyo Home Care and After Care Centre; AEL Tibriuns; Passion Abundance Angels; Woman of Hope; Sinethemba-Trust; Ikamva Lethu-sorgsentrum; Siphumelele Educare Centre; Charles and Catherine Scheepers Educare; Zanokhanyo Pre-School; Eden Skool vir LOS; Wonderland-dagsorg; en Kleinbegin-dienssentrum vir bejaardes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.