Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Goeie krieket gespeel

Robertson-krieketklub se A-span het Saterdag 8 Desember in sy laaste ligawedstryd vir die eerste ronde van die 2018-’19-krieketseisoen, Bergrivier-krieketklub van Wellington in Robertson geklop.

Robertson het eerste gekolf en 138 lopies in sy toegelate 50 boulbeurte aangeteken waarop Bergrivier-krieketklub met slegs 118 lopies in sy toegelate 50 boulbeurte kon antwoord.

Curtley Deelman (59), Brendan Erasmus (18) en Amre Konstabel (16) was die lopiemakers vir Robertson terwyl G. Claasen (25) en A. Douman (24) vir Bergrivier lopies aangeteken het.

Robertson se uitblinker­boulers was, Brendan Erasmus (9-0-16-4), Aubrey Philander (10-0-24-3) en Gregan Adams (10-0-19-2).

Vir Bergrivier het A. de Vries (10-0-29-3) en G. Claasen (6-0-18-3) met die bal uitge­blink.

Robertson het die wedstryd met 20 lopies gewen en neem nou die tweede posisie op die punteleer onder Paarl-krieketklub.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.