Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Golden Stars speel gelykop

Golden Stars, die voorloper in die Rawsonville- en ander distrikte-sokkervereniging (Rodsa) se ligatoernooi, het hierdie naweek sy onoorwonne status behou deur ’n gelykopuitslag teen Klipdrift af te dwing.

Die wedstryd het teen ’n stadige pas begin en alles was op die spel vir die derby. Golden Stars het elke moontlike geleentheid aangegryp om deur die Klipdrift-verdediging te dring. Sanwabile Fengwana, ’n Klipdrift-sensasie, het gewys waarom hy in die Rodsa-span, wat eersdaags gaan toer, opgeneem is. Hy het die bal in die middelveld ontvang en sy dribbellopies het tot sy eerste doel vir Klipdrift gelei. Die 1-0-telling was egter nie genoeg nie, want die Klipdrift-doelskieters het in die Stars-doelgebied kom tent opslaan. Joseph Delport, Golden Stars se doelwagter, het alle pogings afgeweer en die telling het tot rustyd op 1-0 gestaan.

Die Golden Stars-spelers het die tweede helfte met nuwe drif begin. Niel Absolom, Stars se afrigter, het sy verdediger, Jonathan Thomas, na die voorste linie geskuif. Thomas het gewys waarom hy so baie respek afdwing, want kort daarna het hy die telling gelykop gemaak. Klipdrift het ná die skielike doel probeer herstel, maar Thomas is teruggeskuif na die verdediging en als was weer rotsvas.

Die eindtelling was gelykop 1-1 en Jonathan Thomas is deur Golden Stars as speler van die wedstryd aangewys. Fengwana is Klipdrift se speler van die wedstryd.

Golden Stars se naasbestes het vir hul eweknieë 3-0 kafgedraf.. Ander uitslae: Young Shooters 2, Barcelona 2; Condom Strikers 2, Peacemakers A 1; Mountain Tigers B 1, Young Stars B 1; Mountain Tigers A 6, Young Stars A 1; Young Pumas 4, Young Lions 2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.