Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Groot ‘sports’ wag Saterdag op Oval

Altesaam 135 renjaers van oor Suid-Afrika heen gaan Saterdag 8 Februarie deelneem aan die eerste deel van die Boland-kampioenskap, wat ook die 1660 Summerslam insluit.

Deelnemers van die Kaapse Jaagduiwels, Tygerberg Raceway, Namakwaland Ovaalbaan, Oudtshoorn Motorklub, Bredasdorp Raceway en Port Elizabeth Oval Track het ingeskryf vir die geleentheid. Die dag word moontlik gemaak deur Titan Tools Worcester.

Die Hotrod-klas spog met nie minder nie as 16 inskrywings met Hank Els, Pieter Swanepoel, Llewellyn Kotze en JP Robberts wat hul ry sal moet ken teen manne soos Quinton Ellard van Port Elizabeth. Alex Bailey maak ook sy terugkeer tot die sport in ’n splinternuwe motor.

Die V8 Sprintkarre is ook weer in aksie met ses deelnemers waaronder Kenny Gouws, Graham Parkins en Bennie de Bruyn.

Die V8-klas spog met 11 inskrywings, met name soos Manfred Oehl, J.D. Truter, Jacques van Dyk en Clive Meyer wat te staan kom teen nuwelinge soos Petrie Strydom en Lucious Fourie. Theuns Eksteen van Oudsthoorn en Ruan van Niekerk van Springbok is ook manne om dop te hou.

Altesaam 22 1660-deelnemers spook dit uit om die titel van Summerslam-kampioen. Verdedigende kampioen Kosie Weyers kom te staan teen Jacques du Plessis, François Engelbrecht, Francois van Rhyn, Arno Hougaard en Jaco Kirchner asook Jarryd Alexander, Gavin Fleming en Johan van Dyk.

Tersius van Tonder moet as gunsteling beskou word na afloop van die naweek se wedrenne by Tygerberg Raceway.

DJ Glenn Gie kom maak musiek, daar is ’n kontantkroeg vir die bo 18’s in die klubhuis en kosstalletjies rondom die baan.

Hekke open om 11:00 en wedrenne begin om 18:00.

Die klub se bestuur bedank Pieter Human, JP Robberts, Eduan Bredenhann, Frans Rossouw en Alwyn Truter vir hul hulp met die opgradering van die fasiliteite.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.