Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Haal duiksakke en toks uit

Rugbyklubs in die Boland en hul ondersteuners wag in spanning om te hoor of daar binnekort dalk klubrugby kan wees.

“Die Suid-Afrikaanse rugbyunie (Saru) se Covid-19-komitee het ’n voorstel goedgekeur wat amateurrugbyklubs, universiteite en skole weer sal toelaat om te begin oefen,” het Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux, gesê.

Dié besluit het gevolg nadat nuwe regulasies deur die departemente van basiese onderwys, sport, kuns en kultuur aangekondig is.

“Daar was baie nuwe verwikkelinge wat in die afgelope paar weke plaasgevind het.

“Die nuwe regulasies sal dit nie van amateuratlete, klubpersoneel en enige ander betrokke party verg om voor oefeninge hulself vir die koronavirus te laat toets nie.”

Klubs sal wel ’n deeglike siftingsproses moet hê. Verder sal klubs aan vereistes wat finansiële oorwegings, kontrole om die virus te bekamp en ander vereistes wat deur Saru bekend gemaak is, moet voldoen.

Dit bly wel die klubs se oorweging of hulle wel weer met oefening gaan begin. Daar sal egter geen wedstryde vir 2020 plaasvind nie.

Ondersteuners sal eers weer in 2021 dalk op die stadions hul gunstelingspanne kan ondersteun.

Goeie nuus wat deel van die aankondiging vorm, is dat raakrugby toegelaat gaan word sodra die vier weke van fiksheid en kondisionering afgehandel is.

Saru het klubbestuurslede verseker dat ’n aankondiging binnekort verwag kan word oor presies wanneer ligas en kompetisies weer sal hervat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.