Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hammies loop rieme styf

Young Hamiltons het Saterdag sy rieme lelik styfgeloop toe ’n hoogs gemotiveerde Montagu Villagers hom op ’n volgepakte King Edward-stadion geklop het.

Die 21-18-nederlaag vir Hammies word toegeskryf aan verkwiste geleenthede as gevolg van verkeerde keuses en swak besluitneming.

Montagu Villagers het die lynstane oorheers en was met rustyd 13-8 voor nadat die spanne elk ’n drie in die eerste helfte aangeteken het. Montagu het verdoel en twee strafskoppe oorgeklits terwyl Hammies slegs ’n strafskop by sy onverdoelde drie kon voeg.

Hammies het egter onmiddellik ná rustyd teruggeslaan toe sy kaptein, Philbrey Joseph en Luciano Truter se doelskop oor is en die telling vir Hammies op 15-13 te staan gebring het. ’n Verdere strafskop het Hammies 18-13 laat voorloop.

Montagu Villagers het egter hard teruggeveg en is met ’n strafskop beloon wat die telling tot 18-16 laat krimp het.

In die daaropvolgende paar minute moes Hammies omtrent wal gooi om die geweldige aanslag van die tuisspan af te weer. Die damwal het egter gebreek en Montagu Villagers het in die doodsnikke met ’n onverdoelde drie in die hoek geslaag om met 21-18 te seëvier.

Hammies B het sy klipharde hoofvoorwedstryd 6-3 gewen terwyl die C-span met 17-5 geseëvier het.

Hammies speel Saterdag tuis teen Ashton United wat op sy beurt teen Protea (39-31) in Ashton vasgeval het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.