Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hammies se staatmakers vereer vir harde werk

Die Young Hamiltons-rugbyklub het 26 Oktober sy topspelers vir die 2019-seisoen vereer.

Die rugbyklub het by ’n spog­geleent­heid in Worcester-stadsaal vanjaar se borge, spelers, bestuur en ondersteuners bedank.

Reginald Farao was die gasspreker by dié geleentheid. Sy boodskap was dat sport die mag het om veral die jeug te inspireer om beter burgers in die samelewing te wees.

Die staatmakers is ook by dié geleentheid vereer.

Reyaaz Pietersen het ’n spesiale prys ontvang vir die provinsiale kleure wat hy dié jaar ontvang het. Young Hamiltons-rugbyklub se eerste span is as die span van die jaar aangewys.

Die ander wenners vir die aand was:

Devante Stevens (voorspeler van die jaar, A-span), Regan Phillips (voorspeler van die jaar, B-span), Ruben Beukman (voorspeler van die jaar, C-span), Luciano Truter (beste agterspeler, A-span), Francois Mampa (beste agterspeler, B-span), Henry Fisant (beste agterspeler, C-span), Chad Oosthuizen (die spelers se speler van die jaar), Danwill Lukas (speler van die jaar), Ashwill Klien (sportman van die jaar), Luciano Truter (meeste punte vir die jaar), Jean Jacques Smith (die meeste drieë vir die jaar, 17), Jean Jacques Smith (die mees opwindende speler), Granville Welcome (mees gedissiplineerde speler), Jason van Rooi (mees lojale speler), Ashwill Klein (drie van die jaar), Godfrey Conradie (duikslag van die jaar), Siddeeq Baatjes (speler vir die toekoms) en Melrick Williams (mees verbeterde speler).

Die Young Hamiltons-rugbyklub het sy topspelers vir die jaar vereer.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.