Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hammies ver bo teen Montagu

Young Hamiltons het Montagu RVK Saterdag 31 Augustus voor ’n klein, maar geesdriftige skare met 33-6 geklop.

Die telling kon meer na Montagu se kant toe geneig het omdat hulle meer kompeterend gespeel het, maar talle hanteerfoute het hulle ’n kans op ’n oorwinning gekos.

Hammies het vroeg in die wedstryd al gewys dat hulle ’n greep op die wedstryd wou kry en verskeie strategiese aanvalle van stapel gestuur. Die heelagter, Luciano Truter, het met die hulp van ’n volle agterlynbeweging die eerste drie aangeteken, wat ook verdoel is. Die voorsprong van 7-0 het gou 14-0 geword toe Truter weer deurgenael het vir nog ’n Hammies-drie.

Montagu kon daarna darem daarin slaag om ’n strafskop oor te stuur danksy Cleve Malgas, heelagter, se akkurate skopskoen. Die telling het só 14-3 geword, maar steeds vir Hammies.

’n Verdere oortreding in die skrum het Montagu die kans gegun om ’n strafskop oor die pale te stuur, wat Malgas weer suksesvol benut het. Met die telling in daardie stadium 14-6, was albei spanne teen halftyd steeds vol ywer en veggees.

In die tweede helfte het Montagu die veld met hernieude weerstand betree, maar hulle kon net nie daarin slaag om suksesvol aan te val en deur die verdediging te breek nie. Dit was rotsvaste verdediging van Hammies se kant af en het verskeie aanvalle in die kiem gesmoor.

Die telbord het daarna weer in die guns van Hammies aangerol toe Truter weereens daarin kon slaag om ’n drie vir sy span aan te teken. Die telling het op 21-6 te staan gekom.

Montagu het die geleentheid om strafskoppe in punte om te sit van die hand gewys en besluit om eerder met die bal te hardloop in die hoop om agter hul opponente se doellyn te gaan kuier.

Ongelukkig was die aanval van Hammies se kant af net te sterk en het Euclid Jacobs die bal vir die Worcesteriete opgepik om hul vierde drie en eerste bonuspuntdrie te druk. Jermaine October, losskakel, het die bal suksesvol oorgestuur en Hammies in ’n gemaklike posisie geplaas. Hul voorsprong: 28-6.

Kort voor die eindfluitjie het Hammies vir oulaas agter Montagu se doellyn gaan kuier toe agsteman Chad Oosthuizen nog ’n drie vir sy span aanteken. Met October wat die bal suksesvol tussen die pale deurgestuur het, is Hammies se oorwinning van 33-6 beklink.

Hammies se B-span het met 40-7 gewen en die C-span met 29-5.

Hammies speel Saterdag hul laaste wedstryd, teen Swellendam op Esselenpark.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.