Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hammies verrinneweer Touwpark

Young Hamiltons het Saterdag korte mette van Touwpark RVK gemaak toe hy hom 50-12 verslaan het.

Touwpark begin die wedstryd aanvanklik begeesterd en plaas voorlangs groot druk op Hammies. Hammies ruik egter eerste bloed as slot Donovan Fredericks oorgaan, maar losskakel Ussiel Langeveld kan nie verdoel nie. Kort hierna druk senter Ashwill Klein nadat hy twee verdedigers klop. Met Langeveld wat verdoel, loop Hammies 12-00 voor.

Touwpark gooi hierna als na die blou en word beloon as Tristan Snygans oorgaan en Clayton Isaacs (losskakel) verdoel om die telling 12-7 te maak. Raldon Rooi gaan kort voor rustyd vir Hammies oor en met die suksesvolle doelskop loop blou-huis teen rustyd 19-7 voor.

Net ná rustyd val Touwpark verwoed aan en word beloon met Tristan se tweelingbroer, Tyron Snygans, wat oorgaan. Die mislukte doelskop laat sy span 19-12 agter loop. Dit plaas Hammies in ’n verwoestende bui en verskeie aanslae word op Touwpark van stapel gestuur. ’n Verdere vyf drieë word deur Luciano Truter, Johayne Jansen, Chad Oosthuizen, Carlton Isaacs en Euclid Jacobs gedruk met Touwpark wat net nie die gate kan toestop nie. Truter slaag, nadat hy by Langeveld oorneem, met drie doelskoppe om die eindtelling op 50-12 te staan te bring.

Hammies B wen 31-0, terwyl die C-span nie een van sy vier drieë kan verdoel in sy bonuspunt-oorwinning van 20-6 nie.

Saterdag reis Hammies na Swellendam. Die bus vertrek om 11:00 van Esselen Tavern in Fischerstraat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.