Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hartwig Lions-krieketklub raak aktief

Die Hartwig Lions-krieketklub van Worcester begin amptelik Dinsdag 8 September met oefeninge om hul seisoen in te lui.

Dié klub, wat vanjaar sy 30ste bestaansjaar vier, het groot planne vir die seisoen wat voorlê en behoort op 12 September sy eerste wedstryd op sy tuisveld te speel. Heelwat nuwe spelers het aangedui dat hulle by Lions wil aansluit en is opgewonde om by die standvastige klub te speel. Daarbenewens hou Hartwig Lions Saterdag (5 September) ’n megabraai om geld vir uitrustings in te samel.

Braaipakke kos R120 en bestaan uit ’n halwe hoender, steak, wors, twee slaaie, roosterbrood en ’n koeldrank. Dit kan van 12:00 by Taambaystraat 63 afgehaal word.. Vir kaartjies, bel Japie Visser by 078 646 3310 of Percival Hansen by 073 767 8923. Lions se spelers kan ook gekontak word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.