Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hartwig Lions vier 30 passievolle krieketjare

Gemeenskapskrieket speel ’n reuserol in die plaaslike gemeenskap en baie min mense sal nié met hierdie stelling saamstem nie.

Een van die klubs wat ’n kernrol vertolk om die passie vir dié sport te laat voortleef, is die Hartwig Lions-krieketklub.

Hartwig Lions vier vandag sy 30ste bestaansjaar. Dié merkwaardige klub is op 23 Julie 1990 in Hartwiglaan, Esselenpark, deur ’n paar seuns, onder andere Japie Visser (toe 14 jaar oud), gestig en het sedertdien net van krag tot krag gegaan. Visser is vandag nog by die klub betrokke en vervul nou eerder ’n rol in ’n bestuursposisie as speler.

“Die doel van die klub was nog altyd om seuns uit die strate te hou en dit is iets waarna ons vandag nog streef. Die klub het in sy jare lange bestaan talle hoogte- sowel as laagtepunte gehad,” vertel Visser.

Een van die hoogtepunte in sy geskiedenis is dat die voormalige Springbok-rugbyspeler Heini Adams destyds vlakkiekrieket vir die klub gespeel het. “Alhoewel hy in rugby uitgeblink het, was Lions die klub waar hy dissipline as jong speler geleer het en belangrike keuses omtrent sy lewenswyse kon maak.”

Die klub het twee seuns, Theodore Prins en Riaan Pienaar, wat rigting in die lewe nodig gehad het, gehelp om hul liefde vir krieket só uit te leef dat hulle Boland-skolekrieketbeamptes geword het. Vandag staan die twee manne hul plek vol in die samelewing en is hulle in bestuursposisies by hul onderskeie maatskappye.

Al het die klub ’n roemryke geskiedenis, moes hy steeds 25 jaar wag om sy eie krieketblad op Greenvalley te kry – iets wat die klub met baie harde werk en deursettings­vermoë reggekry het.

“Die klub het ’n feesprogram, maar sal die meeste van die goed eers aanpak en afhandel indien dit veilig is om so te doen. Die verrigtinge skop egter Sondag (25 Julie) af met die openingsdiens by die Temple of God-gemeente (Esselenpark Tavern-gebou) in Van Zyllaan om 10:00. Die res van die program sal bekendgemaak word namate dit veilig en toelaatbaar is.. Maatskappye wat wil bydra om Lions se feesjaar onvergeetlik te maak, kan Japie Visser by 078 646 3310 of japievisser42@gmail.com skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.