Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hengelaars haak gemengde welslae

Die Brandvlei-hengelklub se vierde kompetisie is die afgelope Saterdag in Kwaggaskloofdam gehou.

Dit was ’n heerlik warm en windstil dag waar sommige hengelaars baljaar en tussen 20 en 40 visse uitgetrek het, terwyl sommige met net een of twee tevrede moes wees.

Altesaam 307 karp, 10 witvisse en 14 babers is ingeweeg. S. Malherbe het die swaarste karp en JM Smith die swaarste baber gevang met E. van Molendorff wat die swaarste witvis aangekeer het.

In die A-sone het Jaen Wilmot 42 visse en Johan Coetzee 40 visse elk gevang. Wilmot is ook as die dag se algehele wenner gekroon.

P. Matthyser was die beste meester en S. Matthyser die beste vrouehengelaar in die A-sone.

In die B-sone was die Malherbe- pa-en-seun-kombinasie op hul allerbeste. Pa Stefan het hier gewen met 23 visse en ’n algeheel tweede plek vir die dag. Seun Zandre het die junior afdeling gewen. Zandre was ook die dag se algehele wenner onder die juniors. Die B-sone se beste vrouehengelaar was Megan en die beste meester JJ van Niekerk.

Die algehele wenner onder die meesters vir die dag was JJ van Niekerk.

Die veteraanhengelaar Peppie van Tonder se vier babers het gesamentlik 315 gram geweeg. Hy wou hulle saamneem huis toe “om hans groot te maak”, maar is oorreed om hulle liefs in die dam terug te plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.