Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hengelklub vereer 2019-presteerders

Die Brandvlei-hengelklub kan met trots terugkyk op nog ’n suksesvolle seisoen.

Die klub het verskeie presteerders by sy jaarlikse prysuitdeling vereer nadat daar hierdie seisoen talle uitstaande individuele prestasies was.

Die klubspanne het ’n tweede plek in die WP-premierliga en ’n derde plek in die WP-president- en -voorsitterliga verower. Brandvlei het talle pryse inkatrol:

  • Wenner in die president-afdeling: Quinton Koegelenberg
  • Derde plek in die premier-afdeling: Henk Oosthuizen
  • Tophengelaar in die premier-afdeling: Jurie Groenewald

Die volgende hengelaars het die WP-span gehaal om aan die SA kampioenskap deel te neem: In die A-span was dit Groenewald en Koegelen­berg en in die B-span was dit Johan Coetzee, Jacques van Graan en Kobus Kriel. In die WP-vrouespan was dit Lourista de Jong en in WP se junior span was dit Megan van Graan.

Dit was vir Coetzee ’n uitstekende seisoen en hy is as die kampioen vir 2019 gekroon. Hy het vanjaar die swaarste swartbaars, karp en witvis ingeweeg en het ook een van die klubkompetisies gewen.

Coetzee en Groenewald was albei lede van die SA Korrektiewe Dienste se span wat aan die nasionale magte se kompetisie deelgeneem het.

Hier het hy vierde geëindig en ook die swaarste sak vis in die kompetisie ingeweeg. Groenewald het ’n tweede plek in hierdie kompetisie verower.

Henk Oosthuizen en Johan van Niekerk was die uitblinkers in die WP-meesterspan wat goud in die SA kampioenskapstoernooi uitgetrek het.

Die klub se tien tophengelaars vir klubkompetisies is as volg:

  1. Johan Coetzee
  2. Jacques van Graan
  3. Jean Wilmot
  4. Gerhard de Kock
  5. Riaan van Zyl
  6. Megan van Graan
  7. Johan van Niekerk
  8. Kobus Kriel
  9. Lourista de Jongh
  10. Fanus Engelbrecht

Kobus Kriel het die swaarste goudvis en Danie Wilmot die swaarste baber ingeweeg.

Megan van Graan het uitmuntend presteer deur die junior sowel as die vrouetitel te buit. Sy het ook die medalje vir die beste vordering ontvang. Lourista de Jongh het ’n tweede plek vir die beste vordering ontvang en Sandra Fourie die derde plek.

In die meestersafdeling was Johan van Niekerk eerste, gevolg deur Lourista de Jongh en Fanus Engelbrecht.

In die veterane-afdeling het Peppie van Tonder die beste gevaar met Danie Wilmot kort op sy hakke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.