Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hexvallei deur na eindstryd

Hexvallei Sekondêr is deur na die eindstryd van die De Jagers Besigheid teen Misdaad-rugbytoernooi toe hy Woens­dag 22 Augustus vir Hoërskool Breërivier op Bolandpark met 31-12 kafgedraf het.

HB skop die wedstryd af, maar die bal rol oor die 22 m-lyn toe Hexvallei dit nie kan bemeester nie. HB wen die lynstaan. Sy losskakel kry die bal en lê aan pale toe met ’n skepskop, maar is onsuksesvol. Die spel hervat weer ná ’n inskop, HB kry die bal, begin hardloop en gebruik dit mooi. Senter, Curwin Langman, kry die bal en los sy opponente en gaan druk langs die pale. Die maklike doelskop word verbrou, telling is 5-0 vir HB.

Dit is Hexvallei wat onmiddellik terugslaan toe hy weer die bal in die hand het; hy stuur ook sy agterlyn weg en sy senter Calvin Stevens doen ook sy deel toe hy oorgaan vir Vallei se drie. Kurt Claaasen, heelagter, maak seker met die skop. Telling is 7-5 vir Hexvallei.

Vallei maak ’n ommeswaai in die wedstryd en val verwoed aan. HB se verdediging verslap en ná ’n lang oorslaan-aangee kry Lowan Jansen (flank) die bal en hardloop vir sy drie, doelskop mis, 12-5 vir Vallei.

HB besef hy moet probeer terugkom in die wedstryd en speel nou van een kant van die veld soos hy die bal rondgooi, maar kans om deur te kom, is min. Hy kry ’n 5 m-skrum, maar Vallei se sterk pak voorspelers oorheers die skrum, kry die bal en speel veld op. Die span vorder en word 10 m van die doellyn af gestraf waar die skeidsregter ook die rustydfluitjie blaas.

Vallei begin die tweede helfte en HB begin onmiddellik met sy teenaanvalle. Hy vorder tot binne HB se speelgebied waar die bal oor die kantlyn gaan.

Vallei wen die lynstaan, maar HB kry omgekeerde besit, versprei die bal aan sy agterlyn waar vleuel, Auther Marais, die bal in die hande kry en lê rieme neer op pad hoekvlag toe vir sy drie, maar word hoog gevat. Die skeidsregter beslis dit is ’n strafdrie. Telling is gelykop 12 elk.

Maar soos almal vir Vallei ken, kom hy met mening terug in die wedstryd en dié keer is dit sy vleuel Bertoe de Vlag wat gaan druk. Conwin Nathan maak seker met die skop. Telling is 19-12 vir Vallei. Nou is Vallei behoorlik aan die brand en val die doellyn behoorlik aan, maar weer is dit Marais wat die bal onderskep en veld op hardloop en soekend verligting bring vir sy span.

Maar as die bal verlore gaan, is dit weer Vallei wat dit uitbuit en weer gaan een van die spelers in die hoek oor vir ’n drie. Nathan maak seker met die skop. Telling is 26-12 vir Vallei. Weer probeer HB die laaste paar minute, maar oorgretigheid is aan die orde van die dag en verhoed hom om punte aan te teken en Vallei buit dit weer uit en gaan weer vir ’n drie. Telling is 31-12 wat ook die eindtelling is.

Ander uitslae:

o.14 HB 19-21 HexV

o.15 HB 19-19 HexV

o.16 HB 12-5 HexV

o.19b HB 15-3 HexV

. Op 8 September speel Hexvallei teen EPH in die eindstryd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.